KONTAK
info@mooiplaasvenue.com
072 228 5505
Maandag-Vrydag
08:00-17:00
Saterdag
08:00-11:00
Sondag
Gesluit
BESOEK RIGLYNE
Eerste Afspraak
Hierdie eerste besoek is bedoel om
die venue te verken en enige vrae
wat jy mag hê, te beantwoord.
Wenk: Bring 'n lys van algemene
vrae saam en neem baie foto’s om
die besluitnemingsproses te
vergemaklik. Dit is die perfekte
geleentheid om 'n duidelike beeld
te kry van die ruimte en wat die
venue bied.
Tweede Afspraak
Hierdie besoek is gefokus op die
besigtiging van die verblyf en die
venue, en sal slegs gedurende die
week plaasvind, van Dinsdag tot
Donderdagoggend. Dit gee julle die
kans om 'n tweede keer na die
fasiliteite te kyk en seker te maak
dat alles na wens is.
Derde Afspraak
Hierdie afspraak sal nie fisies wees
nie, maar eerder 'n video-oproep of
Zoom-afspraak. Dit bied 'n
praktiese manier om die finale
besonderhede te bespreek sonder
om die venue weer te besoek en
duidelikheid te kry oor enige
aspekte van jou beplanning.
ALGEMENE VRAE
Waar kan ek die pakket kry?
Ons pakket is ongelukkig nie op die webtuiste beskikbaar nie, maar stuur gerus vir ons 'n epos om dit te ontvang.
Waar is Mooiplaas geleë?
Mooiplaas is geleë in Modimolle, Limpopo.
Hoeveel gaste kan julle akkommodeer by die troue?
Ons het twee verskillende pakkette beskikbaar:
Die eerste pakket is geskik vir kleiner troues van 50-59 gaste en ons tweede pakket is geskik vir 70-300 gaste.
Het julle akkommodasie beskikbaar?
Mooiplaas bied pragtige bosveld-selfsorg-akkommodasie op ons perseel, geskik vir tot 22 gaste. Die akkommodasie sluit ’n ruim 6-slaapkamerhuis en 5 knus rondawels in. Die lodge is slegs ’n paar honderd meter vanaf die venue geleë, waar gaste die asemrowende uitsig oor die granadillaboord kan geniet.
Het julle 'n Bruidskamer?
Ons nuutste toevoeging tot die venue is Bergbruidjie – ‘n eksklusiewe en privaat ruimte wat perfek is vir die bruid en haar gevolg om in styl voor te berei vir die groot dag.
Bied julle naweek troues aan?
Die bruidspaar en hul gaste is welkom om die aand voor die troue ’n gesellige saamkuier met familie en vriende te geniet, hierdie samekoms is geskik vir tot 40 gaste. Die troue word dan die Saterdag gehou en op 'n Sondag boek mens uit om 10:00.
Is daar akkommodasie rondom julle beskikbaar?
Ons het 'n lys beskikbaar van oulike gastehuise rondom ons. Julle kan my gerus kontak om die lys te ontvang.
Kan julle enige diensverskaffers voorstel?
Ons kan jou beslis help!
Stuur vir my 'n epos om die lys te ontvang.
Kan mens self die "catering" doen?
Alle spyseniering vir ons funksies word met trots deur
ons ervare span hanteer. By Mooiplaas glo ons dat elke
bruilof ’n unieke feesmaal verdien, en ons is trots daarop
om hartlike, boerekos voor te sit wat nie net heerlik
smaak nie, maar ook jou gaste se harte sal verwarm.
Ons buffetstyl-spyseniering bied ’n verskeidenheid
geregte wat elke gas se voorkeure aanspreek. Van ’n
oestafel as voorgereg, tot 'n spit, pampoenkoekies
en 'n kraakvars slaai, elke dis is gemaak om
’n nostalgiese, huislike gevoel te bring. Ons voorsien ook
spesiale opsies vir dieetvereistes, indien nodig.
